Johannes V Palaiologos | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Johannes V Palaiologos.
| |
Bewind | 15 Junie 1341 - 12 Augustus 1376, 1 Julie 1379 - 14 April 1390, 17 September 1390 - 16 Februarie 1391 |
Voorganger | Andronikos III Palaiologos |
Opvolger | Manuel II Palaiologos |
Gebore | 18 Junie 1332 |
Oorlede | 16 Februarie 1391 (op 58) |
Dinastie | Palaiologos |
Vrou | Helena Kantakouzene |
Vader | Andronikos III Palaiologos |
Moeder | Anna van Savoje |
Johannes V Palaiologos of Paleologus (Grieks: Ίωάννης Ε' Παλαιολόγος; 18 Junie 1332 - 16 Februarie 1391) was keiser van die Bisantynse Ryk nadat hy sy pa, Andronikos III, in 1341 op agtjarige ouderdom opgevolg het. Sy lang bewind word gekenmerk deur die geleidelike verval van keiserlike mag te midde van verskeie burgeroorloë en voortdurende verowerings deur die Ottomaanse Turke.